Eastern Cape, BURGERSDORP, NG Kerk, kerkhof en gedenkmuur

2020-09-08 3 albums , 5 images Share: , ,
View Slideshow
Algemene inligting:- Burgersdorp N.G. KERK: Op die kerk se terrein is die grafte van 2 persone. Die persoon op wie se plaas die dorp aangelê is en een van die Predikante. Grafte: Gert BUYTENDAG en Ds. A.D SCHUTTE en sy vrou. 'n Bietjie geskiedenis: Op 13 Oktober 1846 is die Gemeente Burgersdorp op die plaas Klipfontein van Gert BUITENDAG (BUYTENDAG) gestig. "Burgers"sou die burgers wat Christendom na die gebied gebring het, vereer. Die plaas van 3607 morge is vir 15,000 Ryksdaalders aangekoop. Die koopbrief is deur J.A. VORSTER, met hulp van John MONTGOMERY, opgestel. Op 20 Januarie 1847 is 'n veiling van erwe gehou en 75 erwe is verkoop teen 'n gemiddelde prys van 50 pond. 'n Uitsoekerf is reeds in 1846 aan Gert BUITENDAG geskenk, toe die plaas aangekoop is. Burgersdorp het sy eerste Munisipaliteit in 1891 gekry. Die dorpsmeent is in 1912 aan die Munisipaliteit verkoop. Die eerste N.G. Kerk is in 1848 ingewy, met Ds. John MURRAY as eerste predikant. Die nuwe kerk is in 1913 ingewy. Dié gebou, in 'n tipiese Romaanse boustyl, oor 'n indrukwekkende orrel met elfhonderd pype. Die preekstoel gemaak uit Kiaathout. Die kerk het 'n indrukwekkende koepel. (Bron: Boek opgestel in opdrag van die Burgersdorp Plaaslike Toerisme-vereeniging, Jan 2000). Annatjie Erasmus. eGGSA captions done by: Annatjie Erasmus, Louis Hurn & Kokkie Duminy. Information also available on the GGSA Cemetery DVD:- Cemetery ID: 2798 No of names: 3 Google Earth Project Information:- GPSID: 3361 GPS: -30.995727, 26.330617
5. Memorial wall

5. Memorial wall

MULLER Hilgard 1859-1898

MULLER Hilgard 1859-1898

SCHUTTE Andries Daniël 1908-1975 & Maria Christina P. 1920-1992

SCHUTTE Andries Daniël 1908-1975 & Maria Christina P. 1920-1992

1. N.G. Kerk Burgersdorp
1. N.G. Kerk Burgersdorp
2. N.G. Kerk Burgersdorp
2. N.G. Kerk Burgersdorp
3. N.G. Kerk Hoeksteen, Burgersdorp
3. N.G. Kerk Hoeksteen, Burgersdorp
4. N.G. Kerk Hoeksteen, Burgersdorp
4. N.G. Kerk Hoeksteen, Burgersdorp
BUYTENDAG Gert 1782-1859
BUYTENDAG Gert 1782-1859