Free State, BETHLEHEM district, Rural (farm cemeteries) / Free State, BETHLEHEM district, near Paul Roux, Palmietfontein 5, farm cemetery / (1 of 2 images)
Cemetery / Memorials information:- Francois Odendaal het twee jaar gelede die storie as volg vertel: "Vanoggend het ek op die graf van my Voortrekker voorouer afgekom, nadat ek 9 jaar gelede begin soek het. Graf van Groot-ouma is ook daar, maar weens 'n byenes, kon ek dit nie afneem nie. Stephanus Johannes SCHEEPERS, gebore 1818, is net voor die Anglo-Boereoorlog oorlede. Sy pa was ook Stephanus Johannes en is deur Dingaan saam met Piet Retief vermoor op 52 jarige ouderdom terwyl my oupa se oupa op 17 jarige ouderdom na die vrouens en kinders gekyk het. Stephanus Johannes Scheepers se vrou (Johanna Magdalena Susanna ERWEE 1825-1915) was al 'n invalide maar is met haar vyf dogters (die jongste Katie was 10 jaar oud) deur Swartbooi gelei na die grot waar hulle meer as n jaar vir die Engelse weggekruip het. Swartbooi het hulle gereeld in die geheim besoek en kos gebring. Swartbooi was n dubbele agent: hy was n spioen vir die Kakies in die dag en in die donker het hy kos gebring. (Op die buurplaas in Holhoek het vrouens en kinders ook weggekruip maar was uitgesnuffel en konsentrasie kamp toe gestuur.) In die grot is n klein fonteintjie wat nou nog loop. Dit was baie moeilik daar. Die Kakies het onder langs die Sandrivier op en af gepatroleer. Daar word vertel hoe my ouma se mond toegedruk word tot sy blou in die gesig was, sodat sy nie 'n geluid kon maak nie. Een van die dogters het aan my ouma geboorte gegee." Album incomplete. eGGSA captions by: James Anderson The GGSA Cemetery DVD/ Cemetery Transcript Project only has information on the cemetery location. Cemetery ID: 7577 Google Earth Cemetery Initiative Information:- GPSID: 9121 GPS of farm: -28 19.434, 27 57.657
1. Oorsig / Overview
contributed by: Francois Odendaal
viewed 15 times