Free State, HEILBRON district, Oranjeville, Vaalplaat, farm cemetery

21 February 2017 2 albums , 4 images Share: , ,
View Slideshow
Begraafplaasinligting:- Volgens ons ou tante wat amper 92 is, is hierdie grafte op die plaas Vaalplaat van haar oupa en ouma (Michiel Coenraad Erasmus en sy vrou Hendriena Sophia de Beer) en dat hulle grafte onder die waters van die Vaaldam verwyn het toe die Dam gebou is en volgeloop het. Hierdie tante is op die plaas Vaalplaat gebore en nou met die knellende droogte het die watervlak gesak en die grafte is nou sigbaar. Tant Willa (92 jr oud) het gesê dat net soos jy uit Oranjeville ry daar is die pad na die plaas - Vaalplaat, net buite Oranjeville, dist Heilbron. Hierdie paar grafte is familiegrafte van my oorlede skoonma se oupa en ouma, en daar is ook ‘n de Beer kind se graf. My skoonma en haar jonger suster, Tant Willa (wat amper 92 is en die enigste oorblywende lid van daardie familie) het altwee gese dat 2 van hulle broers, albei genaamd Lourens (een is doodgebore en die ander op ‘n paar maande dood aan masels), en die jongste kind, ‘n dogtertjie wat ook doodgebore is, ook daar begrawe is. Hulle grafte is ongemerk. Hierdie familiebegrafplaas is op die plaas Vaalplaat wat aan Michiel Coenraad ERASMUS b3c5d3e1f3g5 behoort, en later aan sy seun ook Michiel Coenraad ERASMUS b3c5d3e1f3g5h6. Tant Willa en nog 5 van die 11 kinders is op Vaalplaat gebore. Op die lintel van die ou kliphuis is die naam MC Erasmus Vaalplaat en die datum 14 Maart 1910 toe die huis gebou is, uitgekerf. Natuurlik is hierdie pragtige ou kliphuis nou sonder dak en verwaarloos soos die bome en Moedernatuur oorneem. Toe die Vaaldam in 1938 gebou is en volgeraak het die waters die grafte begin toemaak… ‘n mens kan op die fotos sien dat as die dam op sy volste is, dan kom die water tot net by die huis. Die grafte wat laer af is sal dan onder die water wees…. Natuurlike soos die dam begin opdroog het hulle weer sigbaar geraak. Jean Van Helsdingen (Nov 2016) Album completeness unknown. eGGSA captions by: Eileen de Jager The GGSA Cemetery DVD only has information on the cemetery location. Cemetery ID: 5854 Google Earth Cemetery Initiative Information:- GPSID: 7009 GPS: Unknown
BEER J.F., de 1935-1936

BEER J.F., de 1935-1936

ERASMUS Michiel Coenraad 1853-1928 & Hendriena Sophia 1857-1933

ERASMUS Michiel Coenraad 1853-1928 & Hendriena Sophia 1857-1933

?
?
?
?
1. Oorsig
1. Oorsig
2. Oorsig
2. Oorsig