Free State, KOPPIES district, Enkelbosch 31, farm cemetery_1

31 May 2017 1 album , 8 images Share: , ,
View Slideshow
Cemetery information:- Die begraafplaas is in 1933 geopen met die afsterwe van Jacobus Christoffel Swanepoel, 1845-1933. Dit was eers heelwat groter. In die laat 60s of bietjie later het sy oujongnooi dogters, Hester en Hannie, geld bewillig vir ‘n nuwe heining van ogiesdraad. Dit is binne die bestaande kampie opgerig. Hester en Hannie het dit vir hulle eie onthalwe gedoen, maar op die ou end verkies om in die dorpsbegraafplaas te gaan rus. Omtrent 2014 is die vervalle buitenste heining verwyder. Jacobus Christoffel se vrou, Hester Elsie Susanna néé Klopper, het hom na 3 jaar gevolg, maar daarna het meesal lang periodes gevolg sonder enige begrafnisse. Die hele veertigerjare, oftewel 15 jaar, het verbygegaan voor hulle dogter Anna Cornelia Aletta (later Jordaan), vroeg oorlede aan kanker, daar begrawe is. Daarna was dit weer 15 jaar voor Adriaan Johannes te ruste gelê is in 1966. Hy was ‘n seun van bogenoemde en broer van Anna Cornelia Aletta. Toe het net 4 jaar gevolg voor sy seun Jacobus Christoffel bygevoeg is, daarna weer 11 jaar (1981) met die ter ruste lê van David Abraham, nog ‘n seun van die heel-bogenoemde. Toe was dit 17 jaar voor Johanna Susanna néé Keulder, Adriaan Johannes se tweede en heelwat jonger vrou, bygekom het. Sy is waarskynlik die laaste. Die begraafplaas is redelik uniek met dat daar geen vertikale kopstene is nie, al die inskripsies kyk in die lug op. David Swanepoel. Album complete. eGGSA captions by: Annette Meyer & Andries Holtzhausen The GGSA Cemetery DVD only has information on the cemetery location. Cemetery ID: 5881 Google Earth Cemetery Initiative Information:- GPSID: 7047 GPS: -27 08.020, 27 35.279
SWANEPOEL Hester Elsie Susanna nee KLOPPER 1860-1936

SWANEPOEL Hester Elsie Susanna nee KLOPPER 1860-1936

1. Hekaansig
1. Hekaansig
2. Overview / Oorsig
2. Overview / Oorsig
JORDAAN Anna Cornelia Aletta nee SWANEPOEL 1900-1951
JORDAAN Anna Cornelia Aletta nee SWANEPOEL 1900-1951
SWANEPOEL Adriaan Johannes 1884-1966
SWANEPOEL Adriaan Johannes 1884-1966
SWANEPOEL David Abraham 1894-1981
SWANEPOEL David Abraham 1894-1981
SWANEPOEL Jacobus Christoffel 1845-1933
SWANEPOEL Jacobus Christoffel 1845-1933
SWANEPOEL Jacobus Christoffel 1915-1970
SWANEPOEL Jacobus Christoffel 1915-1970
SWANEPOEL Johanna Susanna nee KEULDER 1913-1998
SWANEPOEL Johanna Susanna nee KEULDER 1913-1998