Lourens (Louw) Geldenhuys (Kliprivier, Heidelberg, 6 Desember 1864 – Johannesburg, 31 Augustus 1929) was 'n baanbreker van die Witwatersrand en 'n politikus van die Suid-Afrikaanse Party en sy voorgangers. Hy was 14 jaar oud toe sy vader na die plaas Wilgespruit verhuis waar Geldenhuys sr. in die geselskap van Struben ontdek het dat die hoofgoudrif oor die plaas loop. Nadat hy die plaas aan Frederick Struben verkoop het, het Struben sr. en sy drie seuns die mineraleregte van Elandsfontein gehuur en 'n nuwe soektog na goud begin. Hulle ontdek dit op wat later bekend sou staan as Geldenhuys Estate, Elandsfontein No. 1. Lourens en een van sy broers koop Braamfontein, waar hulle gehoop het om die Clifton Reef te ontdek. Toe dit nie geluk nie, verdeel hulle die plaas en Lourens noem sy gedeelte Emmarentia, ter ere van sy vrou, na wie die latere woonbuurt ook genoem is. Die Afrikaanse primêre skool in Linden, die Laerskool Louw Geldenhuys, is in 1936 na hom genoem. Die voorstad Emmarentia heet na sy vrou. (Wikipedia)
In 1938, Emmarentia Geldenhuys died and was buried at the family cemetery in Hill Road. The small cemetery still exists with 77 graves in the small cemetery with other names such as Swanepoel, Steyn, Ayres, Hopley and McGrath possibly the smallholding farmers Louw Geldenhuys had helped out.
Cemetery information:- Album incomplete.
eGGSA captions by Jenny Culhane, Dal Good and Alex van Niekerk. Information also available on the GGSA Cemetery DVD:- Cemetery ID: 1472 Names in cemetery: 36 Google Earth Project Information:- GPSID: 1554 GPS: -26 09.875, 28 00.600
Photographs donated by GGSA and Derek Walker