Gauteng, KRUGERSDORP district, Rural (farm cemeteries) / Gauteng, KRUGERSDORP district, Magaliesburg, Zeekoehoek 509_3, Portion 27, Doornbosch, farm cemetery / (7 of 8 images)
Cemetery information:-
Bykomende inligting deur Adriaan Redelinghuys voorsien:
Wynand Frederik REDELINGHUYS. Gebore op 29 Januarie 1889. Hy was tydens die Tweede Ango-Boere Oorlog aangehou in die Krugersdorp konsentrasiekamp vanaf 19 Junie 1901 (tent 427). Oorlede op 20 Augustus 1958 en begrawe in Pretoria se Rebeccastraat begraafplaas, grafnr 31529, blok D, Afrikaans. Hy het aanvanklik geboer op plase wat hy gehuur het in die omgewing van Hekpoort en Pelindaba. Later het hy op ‘n myn in Krugersdorp gewerk waar hy myntering opgedoen het. Na bewering was hy somtyds baie kort van draad. Hy was in sy laaste jare woonagtig in Ons Tuis Tehuis vir Bejaardes in Pretoria en het volgens sy sterftesertifikaat selfmoord gepleeg deur homself te skiet. Hy was aanvanklik getroud met Aletta Catharina ERASMUS, dogter van Hendrik en Cornelia Erasmus, wat gebore is op 8 Maart 1891 in die Hartbeesfontein-omgewing naby Klerksdorp. Sy het op 22 Mei 1909 gesterf, ses dae na die geboorte van hulle enigste kind Hermanus Johannes Redelinghuys. (Boedelnr 26597/1909) Sy is op die plaas Zeekoeihoek in die omgewing van Magaliesburg begrawe. Die volgende inskripsie verskyn op haar leiklipgrafsteen:
1909
Zeekoehoek
"Het heeft de Almachtige God van Hemel en Aarde behaagt om tot zich te doen verwisselen mÿn tedere en geliefde echtgenote Aletha Catharina Redelinghuis gb Erasmus in den ouderdom van 18 jaren, 2 maanden en 16 dagen. Mÿ naalatende met een zoontje die te jong zÿn om de treurige verlies te betreuren. Doch ik zal zwygen en met een Job van ouds zeggen De Heer heeft gegeven De Heer heeft genommen. De naam des Heeren zÿn geloofd. Tot een gedachten is aan mÿn geliefde zuster.
Van A. S. Erasmus"
Na Aletha Catharina se dood, het Wynand Frederik hertrou (datum onbekend) met Elizabeth Catharina BURNS wat gebore is op 18 Mei 1893 en oorlede is op 17 April 1961.
(Adriaan Redelinghuys)
Album complete, there are a few unmarked graves.
eGGSA captions by: Eileen de Jager & Riana le Roux
Additional information available on the GGSA Cemetery DVD:-
Cemetery ID: 710
Number of names: 7
Google Earth Cemetery Initiative Information:-
GPSID: 7422
GPS: -25 57.501, 27 33.080
REDELINGHUYS Mathys Johannes 1926-1926
contributed by: Adriaan Redelinghuys
viewed 244 times