Gauteng, PRETORIA district, Pretoria North, Jopie Fourie Feesterrein, monument

09 November 2021 6 images Share: , ,
View Slideshow
Cemetery information:- Wildebeesthoek 310JR Aan die voet van die Magaliesberge op die plaas Wildebeesthoek. Op die R513, pad tussen Pretoria-Noord en Brits/Hartebeespoort. Gedenknaald van graniet, 5 meter hoog in vorm van suil op voetstuk. Ou ZAR wapen op voetstuk gegraveer, verduideliking van gebeure en name van mede-gevangenes op die sykante. Opgerig ter ere van Kommandant Jopie Fourie (Josef Johannes Fourie) wat gefusilleer is weens sy deelname aan die Rebellie van 1914. Hy is die enigste Rebel wat gefusilleer is, die res is beboet of gevangenskap opgelê. Jopie Fourie is gebore 1878 op die plaas Wildebeesthoek distrik Pretoria. Hy het deelgeneem aan Anglo Boere Oorlog waartydens hy bokant knie gewond is, wat hom mank gelaat het. Na die oorlog het hy die beleid van Genl. Louis Botha ondersteun. Later het hy egter sy gewig by die Rebelle ingegooi toe hulle gewapende protes aangevoer het teen owerheid se planne om Duits-Suidwes te verower. Op 16 Des 1914 word hy en 46 ander Rebelle na hewige geveg op plaas Nooitgedacht gevange geneem deur oormag. Na ñ haastige afgejaagde krygshof word Jopie Fourie gevonnis en Sondagoggend 20 Des 1914 om 5 uur sterf hy voor die vuurpeleton. Op 16 Des 1934 word die monument onthul op plaas Nooitgedacht waar hy en mede Rebelle 20 jaar tevore gevange geneem is. In 1964, 50 jaar na sy dood, word die monument verskuif na sy geboorteplaas Wildebeesthoek. (http://monument-sa.co.za/jopie-fourie-pretoria/) Album complete. eGGSA captions by: Rob Jones & Riana le Roux The GGSA Cemetery DVD only has information on the cemetery location. Cemetery ID: 6354 Google Earth Cemetery Initiative Information:- GPSID: 7581 GPS: -25 40.148, 28 00.813
1. Jopie Fourie Voortrekker Feesterrein
1. Jopie Fourie Voortrekker Feesterrein
2. Kommandant Jopie FOURIE monument
2. Kommandant Jopie FOURIE monument
3. FOURIE Jopie -1914
3. FOURIE Jopie -1914
4. Monument naamlys_1
4. Monument naamlys_1
5. Monument naamlys_2
5. Monument naamlys_2
6. Monument
6. Monument