ECK Gideon Jacobus Philippus, van -1933
Eerw. Gideon Jacobus Philippus van Eck het sy opleiding tot sendeling aan die Sendinginstituut op Wellington ontvang. In 1927 is hy tot sending-kandidaat bevorder en 14 Januarie 1928 georden as hulpprediker van die moedergemeente Upington met spesiale werkkring op die besproeiingsnedersettings in die gemeente. Die volgende jaar is hy vertrek na die Delwerye op Higgshope in die distrik Hopetown, waar hy met seën en toewyding gearbei het tot ʼn maand voor sy dood, toe hy en sy eggenote aangestel is om aan hoof van ʼn kosinrigting op Lagersdrift, Transvaal, te staan. Aan die gevolge ontstaan deur swak longe, waaraan hy lank lydende was, is hy op 4 September 1933 in sy woning ontslape in die jeugdige ouderdom van slegs 32 jaar. Hy was ʼn seun van die gemeente Graaff-Reinet en het 14 jaar lank in ʼn skoenefabriek gewerk alvorens hy, as ʼn arm jongeling, deur eie inspanning en die hulp van vriende die begeerte van sy hart gekry het om evangeliebedienaar te word. Bron: https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/van-eck-gideon-jacobus-philippus/
contributed by: Stoffel Willemse
viewed 45 times
Camera Maker: | Canon |
Camera Model: | Canon IXUS 185 |
Original Date and Time Taken: | 19 September 2020 |
Shutter Speed: | 1/250 sec |
Aperture: | f/10 |
ISO Sensitivity: | 100 |
Exposure Compensation: | 0 EV |
Metering Mode: | Pattern |
Flash Fired: | No Flash |
Focal Length: | 6.791 mm |