Mpumalanga, AMERSOORT district, Baltrasna 339, farm cemetery

15 October 2013 10 images Share: , ,
View Slideshow
Cemetery information:- Op 22 Julie 1901 keer 'n Boerekommando onder bevel van Lourens Badenhorst 'n aantal Joiners in die woning op die plaas Roodepoort tussen Volksrust en Amersfoort vas. Die leier van die Joiners, Frederick Koch, wat op die plaas Driefontein (naby die huidige Daggakraal) woonagtig was, bevind hom in die huis, waarheen hy ten tye van die oorlog uitgewyk het. Die Boere versoek die Joiners om oor te gee, maar Frederick Koch neem in die voordeur op die voorstoep 'n dreigende houding teenoor die Boere in terwyl hy agter sy vrou skuil. Hy dreig om die Boere dood te skiet, maar toe hy vir 'n wyle agter sy vrou uitbeweeg, klap twee skote gelyktydig uit twee burgers sê gewere en Koch sterf. Die Joiners hys die wit vlag, maar toe die Boere nader aan die huis beweeg, skiet hulle op die Boere.Die Boere het hierna die ander Joiners, wat geweier het om oor te gee, letterlik uit die huis uit gerook - hulle het die hooi op die solder van die woning aan die brand gesteek. Die Joiners het hul noodgedwonge aan die Boere oorgegee Die gevangenes was (volgens die Oorlogsdagboek van Moerdyk): Gert Brits, Ockert Brits, Pieter Brits, Hendrik Koch, Lodewyk Koch, M. Brits, Bester, Lourens Joubert en 'n seun van Petrus Oosthuizen. Hulle is vervolgens na Wessel Groenewald se plaas Baltrasna, oos van Amersfoort, geneem en op 25 Julie 1901 deur 'n krygsraad daar verhoor. Genl. C. Botha was ook teenwoordig, asook landdros Bosman. Al die beskuldigdes is skuldig bevind aan hoogverraad, as gevolg van die feit dat hulle wapens neergele het, daarna by die Britte aangesluit het, en die wapen teen hul eie mense opgeneem het. Die drie Brits broers, nl. Gert Brits, Pieter Brits en Ockert Brits asook Hendrik Koch (wat waarskynlik die seun van Frederick Koch se seun was) is die doodstraf opgelê. Die ander beskuldigdes ontvang 25 houe met die stiegriem en M. Brits 20 houe. (bron: Gids tot die Anglo-Boereoorlog in die Oos-Transvaal - Gert & Erika Van der Westhuizen) Album complete eGGSA captions by: Dal Good. Information also available on the GGSA Cemetery DVD: Cemetery ID: 4726 No of names: 4 Google Earth Project Information:- GPSID: 5650 GPS: -26 51.494, 30 13.657
1. Baltrasna - aanwysings
1. Baltrasna - aanwysings
2. Baltrasna - plaashuis / farm house
2. Baltrasna - plaashuis / farm house
3. Baltrasna - kraal waar skietery plaasgevind het
3. Baltrasna - kraal waar skietery plaasgevind het
4. Klipstapel waar gedenknaald gestaan het
4. Klipstapel waar gedenknaald gestaan het
5. Murasie van aanhoudingsgebou
5. Murasie van aanhoudingsgebou
6. Oorsig / Overview
6. Oorsig / Overview
GROENEWALD Sara Johanna Geertruida nee LOUW 1842-1915
GROENEWALD Sara Johanna Geertruida nee LOUW 1842-1915
GROENEWALD Wessel Johannes 1832-1909
GROENEWALD Wessel Johannes 1832-1909
HUMAN Judith Magdalena nee UYS 1845-1901
HUMAN Judith Magdalena nee UYS 1845-1901
LOUW Sarah Geertruida Cornelia nee DE VILLIERS -1896
LOUW Sarah Geertruida Cornelia nee DE VILLIERS -1896