Mpumalanga, LEANDRA, Leslieskool, Busramp Gedenkteken

03 June 2014 4 images Share: , ,
View Slideshow
Cemetery information:- The train / bus accident took place on 13 Nov 1952 at the Oban railroad siding. The monument was moved to the school from its original site about 2 years ago. Treinramp eis kinders se lewens -November 4, 2013 – Ridge Times koerant Dié ongeluk het op 13 November 1952 plaasgevind en 10 kinders en een volwassene is dood. Mnr. Gordon Visser (81) was toe 20 jaar oud en ’n stoker van die trein. Hy woon nou op Sasolburg, maar hy onthou nog die ongeluk en het vertel dat die skoolbus wat leerlinge van Laerskool Leandra vervoer het, op die treinspoor gaan staan het toe die busbestuurder, mnr. Willie Meyer (53), ’n hartaanval gekry het. Die trein het aangekom en daar was niks wat iemand kon doen om die trein te keer nie en die drywer kon ook nie betyds stop nie en die trein het die skoolbus vol kinders getref. Daar is destyds ’n gedenksteen ter herinnering van die kinders by Oban opgerig, maar dié gedenksteen is in later jare na die skool geskuif waar dit meer toeganklik en sigbaar sou wees. Die leerlinge wat in die ongeluk dood is, is Hannetjie Fourie (11), Nellie Fourie (11), Tinus Holtzhausen (12), Sareltjie Jacobs (10), Wimpie Meyer (13), Diekie Pretorius (13), Nico Pretorius (8), Bennie Prinsloo (10), Mary Muller (12) en Jimmy Roux (14). Mnr. Meyer se seun is ook in die ongeluk dood. Addisionele inligting vanaf Peet Schabort: -Mnr Gordon Visser, waarna verwys word in die bogenoemde artikel, is op 87 jarige ouderdom oorlede in 2019. -Mnr Meyer, die drywer, se seun Wimpie is ook in die ongeluk oorlede. Album complete. eGGSA captions by: Erleen West & Alex van Niekerk. The GGSA Cemetery DVD only has information on the location of the cemetery Cemetery ID: 4046 Google Earth Project Information:- GPSID: 4792 GPS: -26 22.254, 28 55.007
1. Oorsig -  Gedenkmonument, Leslieskool, Leandra
1. Oorsig - Gedenkmonument, Leslieskool, Leandra
2. Oorsig
2. Oorsig
3. Oban Treinspoorlyn, Busramp
3. Oban Treinspoorlyn, Busramp
4. Gedenkplaat
4. Gedenkplaat