1. Clean up operation
Ons klomp hier op Koster het Maandag 'n week gelede bymekaargekom en die begraafplaas skoon gemaak. Dit was vir jou 'n gewerskaf. Daar was omtrent 130 mense. Van die boere het werkers ens. ook gebring om te help. Dinsdag was daar nog iemand wat van die rommel weggery het met trekker en sleepwa. Hulle kyk na 'n kwotasie deur ons tuindiens om die plek in die toekoms te onderhou. Die munisipaliteit doen net mooi niks. Die fotograaf was George Dannhauser. Foto's ingestuur deur Annelie Els