KRETZEN Johan 1809-1897

KRETZEN, JOHANN (1809–1897), wat in Duitsland gebore is, kom in 1838 as timmerman in Kaapstad aan, en hou gods­diensoefeninge oral waar hy kan om die evangelie* te versprei. In 1843 gaan hy na Swellendam waar hy in die buitewyke van die gemeente* arbei. Twee jaar later word hy as godsdiensonderwyser toegelaat, en nog drie jaar later aangestel om onder die inwoners van die Riversdal-distrik te werk totdat ’n leraar* vir die ge­meente Ladysmith in 1851 bevestig word. Kretzen word in 1854 deur JSS Ballot as godsdiensonderwyser op George aangestel, met Knysna en Mosselbaai as arbeidsveld. In Desember 1859 word hy as sending*leraar georden toe die sendinggemeente, wat in 1848 deur die Londense Sendinggenoot­skap* gestig is, by die NG Kerk* ingeskakel word. Hy werk baie aktief in die Mossel­baai­streek, met die gevolg dat die sen­ding­stasie Gonnakraal later hernoem word na sy geboortedorp Friemersheim. Friemersheim is tans ’n gemeente* van die Verenigende Geref Kerk (VGK). Ná ’n loopbaan as timmerman, lekeprediker, onderwyser en sende­ling, aanvaar hierdie onderwys- en sendingpionier sy emeritaat op 6 Julie 1895. (bron: https://ecke.co.za/kretzen-johann/)
contributed by: Christopher Fitchet
viewed 17 times
KRETZEN Johan 1809-1897